Chiliasme

Chiliasme of millennialisme is 'n aanduiding van die oortuiging dat 'n duisendjarige vrederyk en/of 'n paradys op aarde gevestig sal word voor of na die wederkoms van Christus. "Chiliasme" kom van die antieke Griekse woord Χίλιοι ("chilioi", duisend). 'Millennialisme' is afgelei van millennium, wat duisend jaar beteken.

Die volgende is die vier hoof verskillende sieninge oor die Bybelse eindtyeː

  • Náverdrukking premillennialismeː 7 jaar verdrukking, wegraping, duisendjarige vrederyk, laaste oordeel
  • Voorverdrukking premillennialisme of dispensasionalismeː wegraping, 7 jaar verdrukking, duisendjarige vrederyk, laaste oordeel
  • Postmillennialismeː verdrukking, duisendjarige vrederyk, laaste oordeel
  • Amillennialismeː vrederyk (nie letterlik 1000 jaar lank nie), verdrukking (nie letterlik 7 jaar lank nie), wederkoms en laaste oordeel

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search